Share This Post

Kaapse skool sê basta met huiswerk!

Kaapse skool sê basta met huiswerk!

In ‘n onlangse onderhoud met John Robbie van Radio 702, het die hoof van Sun Valley in Kaapstad gesê dat hulle weggedoen het met huiswerk en dit klink vir my asof hulle definitief nie terugkyk nie.

Volgens Keller presteer die leerders uitstekend en hulle het tyd vir lees en lekker-doen dinge by die huis saam met hulle ouers. Keller het genoem dat die ouers van leerders in sy skool soms te besig is om met huiswerk te help. Die gesinne is moeg en dit ontneem hulle van kosbare familietyd. Volgens hom is dit belangrik om seker te maak dat die leerders ‘n gebalanseerde lewe lei aangesien hul reeds 7uur van die dag by die skool spandeer.

Keller moes bieg dat sy personeel eers skepties oor die besluit was. Hulle was verbaas om te sien dat ouers hulle besluit respekteer en ondersteun het. “Ons het sekergemaak dat hulle [die leerders] so gefokus, so besig en soveel pret as moontlik het vir die volle 7 ure by die skool sodat daar na skool tyd is om sport te speel, hulle vriende rondom hulle te hê en hulle in die aande nog steeds kan lees voor hulle gaan slaap,” het Keller oor die besluit gesê.

Sun Valley het ‘n verbetering in akademiese resultate, motiveringsvlakke en lees begin sien.

Wat dink julle hiervan? Met ‘n vol KABV-kurrikulum, is dit moontlik (veral in die Hoërskool) om so ‘n besluit te laat werk?

Ons wil van jou hoor! Doen julle dieselfde by julle skool? Wat doen julle om seker te maak dat leerders ‘n gebalanseerde lewe lei?

Bron: CapeTalk

Onlangse artikels en hulpmiddels

Onderwysposte

Oulike Afrikaanse hulpmiddels

Ou vraestelle op die internet

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.